Twee opwindende nuwe ontwikkelinge
8 Januarie 200821 Desember 2007 om 16:16
Soos die jaar einde se kant toe staan het die span gedink dit sal ‘n goeie idee wees om julle almal ‘n vroeë Kersgeskenk
te gee. Ek is regtig opgewonde om aan te kondig dat ons nuwe ontwikkelinge het wat dit vir seker lekkerder gaan maak om jou
stamboom te gebruik.
Eerstens, het ons publieke glanspersoonlikhede stambome bekend gestel waarin al julle “genealogy” verslaafdes sal belangstel. Daar is bladsy op die blog waar ek al die bome gelys het:http://kindo.com/blog/celebrity-family-trees/en/
Die volgende verbetering is “zooming”, sodat wanneer jy op ‘n foto op die profiel en jou familie bladsye kliek, jy ‘n groter
foto in ‘n “popup” boksie gaan kry. Gaan kyk self …
Namens die span by Kindo wil ek almal graag ‘n geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwe Jaar toewens. Onthou om vir jou
familie jou stamboom te wys wanneer julle bymekaarkom oor die feesgety en hulle te nooi om ook aan te sluit - hoe meer
familielede aansluit hoe meer pret gaan dit wees!

English
Français
Deutsch
Español
Svenska
Italiano
Türkçe
Português
Polski
Русский
Afrikaans
汉字
Dansk