Argiewe vir Februarie 2008

Kindo Het Nuwe Vriende

7 Februarie 2008

Die familie en vriende wat by jou is in die begin van jou lewe het ‘n groot invloed op jou as mens later in die lewe. Dieselfde geld vir ‘n nuwe besigheid, om die regte span te kies van die begin.

Vandag kondig ons aan die kapitaal (sien pdf hier) wat deur top Europese beleggers voorsien word - insluitende Saul en robin Klein (The Accelerator Group), Stefan Glänzer (vorige voorsitter van Last.fm, stigter van Ricardo), en ASI, ,n VC-Firma wat gestig is deur die stigters van Skype - Ons weet ons het goed begin. Nils sê toe hy saam met sommige van hulle by Skype gewerk het, het hy besef hoe goed hulle werklik is.

Kindo het nou al die geleenthede waarvoor jy kan vra om te groei en te beriek wat ons wil bereik - ‘n wêreld-bekende besigheid wat fokus op familie en die familie lewe.

Dit is die moeitewerd om te onthou hoekom dit in opwindende visie is. Toe ons begin het om hierdie besigheid te bou minder as ‘n jaar gelede, het ons dit gedoen om ons te help om kontak te behou met ons familie by die huis. Ons is almal gebruikers van ander sosiale netwerke, soos Facebook om in verbinding te bly met vriende en LinkedIn om boek te hou met ons besigheid kontakte. Dis die familie netwerk wat by jou bly vir die langste, en daar was geen goeie en toegewyde sosiale netwerk vir families en vriende beskikbaar nie (ten minste wat ons kon kry). Daar was tonne webwerwe wat my meer kon leer oor my voorvaders, maar ek wou regtig leer oor die mense wat nog in die rondte is, my lewende familie. Dis toe ons besluit om Kindo te bou, want ons wou dit
gebruik.

Tweedens, omdat ons entrepeneurs is, het ons besef dat daar die geleentheid is om ‘n wêreld bekende besigheid te bou. As jy na die internet wêreld kyk, sal jy besef hoeveel van die groter webwerwe sosiale netwerke is op een of ander manier. Facebook en MySpace kom dadelik op, maar daar is soveel ander plaaslike spelers(skyrock.com, vkontake.ru, netlog.com, ens) wat nie in die nuus genoem word nie met groot aantal lojale gebruikers wat aanhoudend groei. Sosiale netwerke is hier om te bly, vir vriende, jou besigheid verhoudings of net jou familie.

Daar is meer as 1,000,000,000 Internet gebruikers in vandag se Wêreld, almal met ‘n familie of familie geskiedenis om te ondersoek. Dis nie ‘n ‘niche’ produk vir ‘n ‘niche’ skare nie - ons bou ‘n wêreld-wye produk, vir ‘n wêreld-wye skare. En aangesien hiedie skare nie net Engels praat nie, doen ons ook nie. Ons mag dalk ‘n klein kind wees, maar ons praat al klaar 14 tale vlot. Dink net waar sal ons wees wanneer ons ‘n tiener is.

Jou plaaslike Kindo regoor die wêreld

5 Februarie 2008

Jy het al seker gehoor van Kindo se 14 tale of het al die ‘flags’ gesien in die ‘dropdown’ veld in die bokanste regter hoek op kindo.com, of in die systaaf van hierdie blog. Kindo is ‘n internasionale projek, maar dit is ook plaaslik op dieselfde tyd!

Jy kan hierdie applikasie gebruik in die taal waarin jy die mees gemaklikste voel en jou familielede kan dieselfde boom gebruik in ‘n ander taal as hulle wil! En as jy vrae het, kan jy jou plaaslike Kindo kollega vra vir hulp. Jy kan al ons plaaslike bestuurders sien vir elke land op die volgende kaart:

Kindo world map

Jy mag hulle miskien alreeds ken van die plaaslike blog in jou taal. Voel gerus om in kontak te treë met hulle deur ‘n e-pos te stuur na eerstenaam@kindo.com. Die plaaslike gebied sal ook werk, soos robin@kindo.co.za as jy ‘n antwoord wil hê in Afrikaans of julia@kindo.es as jy Spaans verkies. Hulle is altyd gewillig om te help, na terugvoering te luister of na enige ander vraag wat jy het!

Die "Ek het 'n uitstekende familie" kompetisie!

5 Februarie 2008

Hallo, almal het ‘n uitstekende familie. En ons is almal lief vir ons Ma’s en Pa’s, maar ons statistieke wys dat sommige van julle ongelooflike stambome het op Kindo!

Ons is bly dat julle so baie daarvan hou om Kindo te gebruik net soos ons en ons wil vir julle almal dankie sê daarvoor! Maar dit sal nie net by praat bly nie, ons sal vir julle werklike geskenke ook gee:

Die “Grootste Familie Boom” en die “Grootste Familie Gemeenskap” op Woensdag die 20ste February om 12h00 sal ‘n ‘Spreadshirt-voucher’ van 20 Euro’s kry vir ons Kindo winkel!

So hoekom kry jy nie jouself ‘n “Daddy’s favourite” T-hemp verniet nie soos die een op die prentjie? Laat net jou boom groeie en word Kindo se Familie met die meeste profiele of die hoogste aantal familie lede wat by die boom aangesluit het! En ons sal een wenner per taal hê.

Wys vir almal dat jy die grootste familie het op aarde: Vertel almal en kry die Kindo se “grootste Familie” toekenning!

Kindo - great family award

Bou Europese-Arabiese Brûe

5 Februarie 2008

Dit voel altyd goed as gebruikers ons vertel dat Kindo regtig hulle families help. Ons kry baie terugvoering en ons is altyd ge-interseerd om al julle opinies te hoor (so hou aan skryf).

Verlede week het Simon ‘n e-pos van ons Franse gebruiker Fatima gekry wat Kindo tweetalig gebruik met haar Arabiese familielede in Noord Afrika. Dis so waardeerind en sy het ingestem dat haar e-pos gepubliseer kan word, so hier is wat sy geskryf het (ons hou dit in Engels oor dit die oorspronklike is):

“Hello,

I just bumped into Kindo, started my tree and added my relatives […] I’m delighted to see that Kindo is translated in arabic. I live in France and will now be able to keep in close touch with my familly living on the other side of Mediterranean Sea in Algeria.
Thanks a lot and keep the effort going!

Fatima Bouzidi”

Ons is bly om dit te hoor en dit is die rede hoekom ons Kindo gebou het! Kom ons hou dit aan die gang…


Afrigator