Argiewe vir Mei 2008

Geneologie vir Beginners - Vrae

20 Mei 2008

Hallo weereens uit Florida, VSA!

In my boek, Genealogy Online 8th Edition, het ek ‘n lang afdeling geskryf oor hoe mens ten beste ‘n vraag kan stel. Vandag gaan ek vir julle die vinnige weergawe gee.

‘n Vraag, of te wel die kort voorwoord in enige publikasie, web aankondiginskennisgewing of brief waarin mens spesefieke inligting ten opsigte van een of ander voorvader aanvra, lyk net soos ‘n “wanted” plakkaart vir enige geneologis.

  1. Die basiese reels vir so ‘n navraag is:
  2. Jy moet ‘n datum, of die datumstydperk aangee
  3. Jy moet ‘n plek, of ten minste ‘n area aangee
  4. Daar moet ‘n naam, ten beste die van, aangegee word.

Die format van ‘n Navraag

Voornaam
Spesefieke data
Ken hierdie inligting
Name en belangrike datums
Kontak
Pos (snailmail is pos)

‘n Goedsaamgestelde navraag sal, dus, so lyk

Query: CRIPPEN, 1794, CT>MA>VT>Canada

[I need proof of the parents of Diadama CRIPPEN born 11 Sept 1794 in (?), NY. I believe her father was Darius CRIPPEN, son of Samuel CRIPPEN, and her mother was Abigail STEVENS CRIPPEN, daughter of Roger STEVENS, both from CT. They lived in Egremont, Berkshire County, MA and Pittsfield, Rutland County, VT before moving to Bastard Township, Ontario, Canada. I will exchange information and copying costs. [Here you would put your regular mail address, e-mail address, or other contact information.]

Soos julle kan sien, deur net die vrae te lees kan mens soms
waardevolle inligting verkry.

Nota:

Moenie ooit ‘n brief of vraag stuur wat se: “Stuur my alles wat julle
het oor die Jones familie” – of woorde van daai aard nie. Hierdie is
nie ‘n visvang speletjie nie. Dit is onbeskof of onregverdig om vir
iemand te vra om jare se navorsing net eenvoudig te oorhandig nie.
Wanneer ‘n mens inligting aanvra, maak seker dat jy ook inligting he
tom te verruil en ‘n spesefieke gaping he tom te vul. Bied altyd aan
om kostes te dek of kopiee te maak.

Groete – Basiese Geneologie

20 Mei 2008

My naam is Elisabeth Powell Crow en my vriende ken my as Libbi. Ek het ‘n blog met nuus, idees, gedagtes en handige wenke betreffend geneologie. Ek is ‘n skrywer en ‘n geneologis, dus het ek ‘n boek geskryf. Genealogie Online 8th Edition is die naam van my boek. En dan, sodat julle iets van my kan weet: Ek woon in die In Florida in die VSA. Ek het familie dwarseur Alabama, Georgia, Mississipi, Kentucky, Texas, Kalifornie, Florida en Noord Carolina. O ja – ek het tien teen een ‘n ton Power familie in Missouri ook, maar ek het hulle nog nie raakgeloop nie.

Die rede waarom ek alles nou hier tik is omdat ek gevra is om weekliks hier Basiese Geneologie wenke vir

hierdie blog te doen en ek is heel tevrede om almal tegemoet te kom. Daarom praat ek soms oor hoe ‘n horlosie saamgestel is, in plaas daarvan om te vra hoe laat dit is. Indien ek soms veroorsaak dat julle meer vrae as antwoorde het, laat net kommentaar en ek sal dit wel opklaar.

Hierdie week se wenk: Leer om geneologie in jou pjamas te doen. Gebruik dienste van jou plaaslike biblioteek, webwerfe soos Kindo en dan natuurlik jou rekenaar by die huis! Gebruik, by voorbeeld, die Britse museum se biblioteek wat die wereld se grootste versameling navorsingsmateriaal in ‘n yslike verskydenheid materie het. Insluitend genealogie!

Tot volgende week

Libbi


Afrigator