Genealogie vir Beginners: Publiseer jou eie genealogie webwyse
4 Julie 2008Een manier om ‘n mens se genealogoie data behoue te laat bly is om dit op die web te pos. Voor jy doen, lees asseblief Guidelines for Publishing Web Pages on The Internet. Die document sit duidelik uiteen op watter maniere mens dit kan aanpak om dit vir ander mense maklik gebruikbaar te maak.
Hoe pos jy? Maklik – jy kan natuurlik die Kindo interface gebruik. Onthou net een bitter belangrik reel: los tog enige data van lewende persone uit, indien jy kan.
Dit bring ons by ‘n baie belangrike punt. Daar is wel mense wat bang is dat al hulle harde werke en navorsing van die internet af “gesteel” sal word en om daardie rede maak hulle alspris feitlike foute op hulle webbladsye.
Moenie dit doen nie.
Nooit nie.
Indien jy inligting het wat jy wil reserveer vir toekomstige inligting ruiling laat dit net eenvoudig uit. Indien jy data het wat jy privaat wil hou totdat jy jou hardeband uitgawe wil publiseer is dit ook goed so. Laastens, moet nooit ooit iets publiseer wat gebruik kan word om jou eie identiteit te kan steel nie.
Moet nooit enige iets publiseer – nie op die web of in hardeband format wat jy weet vals is nie. Dis verskriklik moeilik om soiets van die Web af te verwyder en die verkeerde inligting kan dalk langer as jy behoue bly!
Voorspoedige stamboom klim!

English
Français
Deutsch
Español
Svenska
Italiano
Türkçe
Português
Polski
Русский
Afrikaans
汉字
Dansk