Die kontakinvoerder op Kindo is nou gereed en ten volle getoets en dis soveel makliker om jou familie uit te nooi om deel te word van jou familieboom! Jy trek net eenvoudig hulle vonkpos adresse van jou eie adresboek in, ongeag die diens wat hulle gebruik.
Ons sagtewareontwikkelaars het iets nuuts hier tafel toe gebring. Dis ‘n groot verbetering en julle hoef nie meer alles per hand in te tik nie – die Kindo stelsel kan selfs sekere name in jou adresboek met jou familieboomname laat pas.
‘n Baie envoudige proses!
Verbeel jou jy is Jannie en dat jy ‘n klein familieboom van jou onmiddelike familie gebou het – nes hierdie ene. Jy het reeds vir Koos uitgenooi, maar jy is nie lus om die ander se vonkpos adresse weer in te tik nie. Hulle is mos alreeds almal in jou vonkposadresboek ingetik en jy stuur dikwels vir hulle pos – hulle adresse is reeds in jou adresboek.
Stap 1: Kies jou ‘webmail’ diens en tik jou login besonderhede in so:
Gaan na die gee geel ‘invite’ tabel en klik op “import from your favourite webmail service”. Kies dan ‘select which webmail service’ en kyk watter diens jy wil invoer. Ons bied ‘n ellelange lys met dienste aan, soos byvoorbeeld die drie grotes: Gmail, Hotmail en Yahoo, en daarna in alfabetiese volgorde: AOL, Fastmail, Freenet, GMX, ICQmail, Indiatimes, Interia, Libero, LinkedIn, Lycos, .mac, mail.com, mail.ru, mynet, O2, Rambler, Rediffmail, Sapo, T-Online, web.de, WPPL, yahoo.jp and Yandex.

Tik net jou ‘login’ besonderhede in (bv. Webmail) en klik op die klein blokkie, indien jy jou adresboekbesonderhede in Kindo wil hou – sodat dit beskikbaar is sodra jy meer gesinslede op jou familieboom het. Alle data word veilig aangebring en geen besonderhede sal ooit vrysgestel word nie. On sal NOOIT enige besonderhede, insluitende die van jou ‘login’, stoor nie. Met ander woorde, nog jy, nog Koos hoef ooit bekommerd te wees data beskermingsbesonderhede nie. Hiermee ons ‘privacy policy’. Klik net op ‘next’ and…
Stap 2: Kindo sal outomaties jou familievonkposadresse intrek

Niks veel om hier te doen nie. Wag ‘n paar sekondes (net in die geval van ‘n baie groot adresboek) waarna jy na stap 3 geneem sal word. Hier sal jy kan bevestig of enige van name in die adresboek wel die van familie is.
Stap 3: Bevestig die nuwe name en stuur uitnodigings
Kindo sal alle nuwe adresse in rooi merk indien daar geen presiese inligting verskyn nie. Klik dan op “select family member” en Kindo sal die familielid se naam oproep sodat jy enige veranderinge kan aanbring. Doen dan dieselfde met enige iemand wat nie reeds ingevoer is nie en soek die familielede per hand

Julle sal die voorgestelde teks vir die uitnodigings onderkant die namelys kry en dan kan julle enige veranderinge aanbring. Klik op “send invitations”. Sodra julle tevrede is, is dit klaar. Soos in enige nie-outomatiese uitnodigings, behoort julle die groen tabel (mense wat jy nou net uitgenooi het) op ons helderblou ‘our tree’ te kan sien - en die status van al jou genooide gaste sal op die “uitnodigings geskiedenis‘ bladsy te siene wees. Dis nou net onderkant die geel ‘uitnodiging’ tabel. Sodra ‘n famlielid aangesluit het, sal hierdie nuus op die familie nuus ? beskikbaar wees - op die donker-groen our family - tabel