Argiewe vir die ‘Algemeen’ Kategorie

Genealogie vir Beginners: Publiseer jou eie genealogie webwyse

4 Julie 2008

Een manier om ‘n mens se genealogoie data behoue te laat bly is om dit op die web te pos. Voor jy doen, lees asseblief Guidelines for Publishing Web Pages on The Internet. Die document sit duidelik uiteen op watter maniere mens dit kan aanpak om dit vir ander mense maklik gebruikbaar te maak.

Hoe pos jy? Maklik – jy kan natuurlik die Kindo interface gebruik. Onthou net een bitter belangrik reel: los tog enige data van lewende persone uit, indien jy kan.

Dit bring ons by ‘n baie belangrike punt. Daar is wel mense wat bang is dat al hulle harde werke en navorsing van die internet af “gesteel” sal word en om daardie rede maak hulle alspris feitlike foute op hulle webbladsye.

Moenie dit doen nie.

Nooit nie.

Indien jy inligting het wat jy wil reserveer vir toekomstige inligting ruiling laat dit net eenvoudig uit. Indien jy data het wat jy privaat wil hou totdat jy jou hardeband uitgawe wil publiseer is dit ook goed so. Laastens, moet nooit ooit iets publiseer wat gebruik kan word om jou eie identiteit te kan steel nie.

Moet nooit enige iets publiseer – nie op die web of in hardeband format wat jy weet vals is nie. Dis verskriklik moeilik om soiets van die Web af te verwyder en die verkeerde inligting kan dalk langer as jy behoue bly!

Voorspoedige stamboom klim!

GENEALOGIE VIR BEGINNERS: VRAE EN ANTWOORDE

20 Junie 2008

Ek het nie verlede vrydag iets gepos nie want ek was op reis. Die naweek wat verby is het ek ‘n toespraak gemaak en ‘n troue in Charleston, Suid Carolina bygewoon. Toe ek terugkom het ek hierdie epos gekry:

“Geagte Me Crowe, Ek wou jou net bedank vir die voorlegging gister by die biblioteek. Ek kan nog op ‘n paar plekke soek, maar het twee groot probleme – die een is ‘n ouma wat binne haar familie sirkel aangeneem is, maar niemand het ooit oor haar pa gepraat nie en niemand ken die famlie werklik goed nie; die ander is oupa grootjie afkomstig van iewers in Ierland. Ek ken net sy van, Lawler, tien teen een in die laat 1700’s of vroee 1800’s gebore. Hy het met ene Annie Pike getrou wat ook in Ierland gebore is. Indien jy enige voorstelle het, sou ek dit op prys stel. Die uwe, Pat Truesdale”

Ek het baie van hulle! Die Ierse probleem eerste want dis die maklikste oplosbaar. Gaan eers na Irish Geneology, specifiek die bladsy http://www.irishgeneology.ie/frame_1024.cfm and laai die PDF leer wat gaan oor hoe om Ierse genealogie op te soek. Hou dit dan byderhand.

Tweedens, soos ek in my praatjie gese het, gaan na Cyndi’s List, die afdeling, Ireland. Jy sal dan sien dat sy allerhande professionele, regerings en amateur genealogie webwerwe het. Gaan soek daar rond vir idees oor waar om volgende te kyk.

Derdens, laai die navorsingsadvies van Family Search at Ireland af. Daar sal jy dan sien dat daar baie inligting mbt die Mormone Kerk op cd beskibaar is. Jou plaaslike Familie Geskiedenis Sentrum mag dalk self hierdie cd’s he – andersins dit vir jou vanaf Salt Lake City kry indien jy die posonkostes vergoed.

Ten einde kan julle my blog gedateer 9 Junie 2008 lees want die Morse’s soektogvorms mag help om jou ierse voorvaders se aankoms in die land te bevestig – en dit kan ‘n mens teruglei na ‘n geboorteplek. Die aannome probleem mag dalk moeiliker wees om op te los. Aangesien niemand daaroor gepraat het nie, was daar tien teen een ‘n skandaal in die agtergrond (lees my blog vir 3 Junie 2008). Indien daar ‘n doodsertifikaat is, behoort daar ‘n datum op te wees asook ‘n plek. Dis moontlik dat daar verdere inligting by die hof wat betrokke was behoort te weesmet die aanneming ten tye daarvan.

Kyk dan hieronder vir wenke:

  • Cyndi’s List, natuurlik mbt tot aanneming.
  • The Nasional Argiewe stel voor die National Adoption Information Clearinghouse. Die NAIC sal genealoe help om belangrike moderne records te vind en gee op datum inligting oor die wetgewing, prosedures en statistieke.

Lekker soek!

NS. Onthou om ook Genealogy Online 8th Edition, te lees!

VERASSING! GENEOLOGIE VIR BEGINNERS

18 Junie 2008

Dis tyd om die “olifant” van geneologie te bespreek.

Wanneer mens ‘n familieboom hard skud, val “appels” uit en, verbasend soos dit mag klink, is almal goeie appels. Daar sal gewaarwordinge wees – en voorvaders het die geneigdheid om nie net die geneoloog te verras nie, maar ook ander familielede. Familie reaksies verskil dan natuurlik ook.

‘n Geneoloog vertel die verhaal van ‘n voorvader wat ‘n “nie so aangename Joodse seuntjie” in die mafia was in die Montreal Gazette. In my boek bespreek ek my man se Cherokee voorvader en hoe moeilik dit was om dat daar een generasie was wat vas geglo het dat dit, in sigstelf, ‘n familie skandaal was, asook die verhaal van ‘n vrou wie se se skoonfamilie briesend was omdat sy haar eie wou navors.

Ek het gehoor van ‘n paartjie wat met die geboorte van hulle eerste kind vasgestel het dat die pa van Afrika-Amerikaanse afkoms is. Hulle het tot op daardie tydstip geglo dat hulle van Euro-Amerikaanse afkoms is en was heeltemal onbewus daarvan totdat die kindjie gebore is.

Die punt van vandag se “blog” is dat al hou die soektog na jou herkoms verassings in is dit okay. Jy is nog steeds jy! Steve Olson vertel in “Mapping Human History”:

Met ander woorde, “Hoe groter die hoeveelheid geslagte onder bespreking, hoe groter die kans dat enige twee mense verlangs familie is. Ten tyde van die tiende geslag het omtrent almal van ons reeds sirkels van erfenis in ons herkoms geskiedenis

“The greater the number of generations taken into account, the greater the possibility that any two people … are distant cousins. By the tenth generation back, almost all of us have circles of inheritance in our ancestry.”

Ten einde, ek stel voor dat almal Mapping Human History lees.

Tot volgende week.

ONS FACEBOOK BLADSY VIR KINDO LEDE

12 Junie 2008

Gebruik jy Kindo om met jou vriende in aanraking te bly?

Teken dan in op die Kindo fan page! Dis net nog ‘n plek waar Kindo lede met familie in aanraking kan kom, op hoogte van sake kan bly en dan sommer ook met die Kindo span kommunikeer om die nuutste verwikkelinge te kan uitvind.

Julle vriende mag dalk ook van Kindo wil weet, dus laat hulle weet. Die nuutste Kindo groepe is dan ook hier te vinde, byvoorbeeld Turkye en Duitsland.

Geneologie vir Beginners - Vrae

20 Mei 2008

Hallo weereens uit Florida, VSA!

In my boek, Genealogy Online 8th Edition, het ek ‘n lang afdeling geskryf oor hoe mens ten beste ‘n vraag kan stel. Vandag gaan ek vir julle die vinnige weergawe gee.

‘n Vraag, of te wel die kort voorwoord in enige publikasie, web aankondiginskennisgewing of brief waarin mens spesefieke inligting ten opsigte van een of ander voorvader aanvra, lyk net soos ‘n “wanted” plakkaart vir enige geneologis.

  1. Die basiese reels vir so ‘n navraag is:
  2. Jy moet ‘n datum, of die datumstydperk aangee
  3. Jy moet ‘n plek, of ten minste ‘n area aangee
  4. Daar moet ‘n naam, ten beste die van, aangegee word.

Die format van ‘n Navraag

Voornaam
Spesefieke data
Ken hierdie inligting
Name en belangrike datums
Kontak
Pos (snailmail is pos)

‘n Goedsaamgestelde navraag sal, dus, so lyk

Query: CRIPPEN, 1794, CT>MA>VT>Canada

[I need proof of the parents of Diadama CRIPPEN born 11 Sept 1794 in (?), NY. I believe her father was Darius CRIPPEN, son of Samuel CRIPPEN, and her mother was Abigail STEVENS CRIPPEN, daughter of Roger STEVENS, both from CT. They lived in Egremont, Berkshire County, MA and Pittsfield, Rutland County, VT before moving to Bastard Township, Ontario, Canada. I will exchange information and copying costs. [Here you would put your regular mail address, e-mail address, or other contact information.]

Soos julle kan sien, deur net die vrae te lees kan mens soms
waardevolle inligting verkry.

Nota:

Moenie ooit ‘n brief of vraag stuur wat se: “Stuur my alles wat julle
het oor die Jones familie” – of woorde van daai aard nie. Hierdie is
nie ‘n visvang speletjie nie. Dit is onbeskof of onregverdig om vir
iemand te vra om jare se navorsing net eenvoudig te oorhandig nie.
Wanneer ‘n mens inligting aanvra, maak seker dat jy ook inligting he
tom te verruil en ‘n spesefieke gaping he tom te vul. Bied altyd aan
om kostes te dek of kopiee te maak.

Groete – Basiese Geneologie

20 Mei 2008

My naam is Elisabeth Powell Crow en my vriende ken my as Libbi. Ek het ‘n blog met nuus, idees, gedagtes en handige wenke betreffend geneologie. Ek is ‘n skrywer en ‘n geneologis, dus het ek ‘n boek geskryf. Genealogie Online 8th Edition is die naam van my boek. En dan, sodat julle iets van my kan weet: Ek woon in die In Florida in die VSA. Ek het familie dwarseur Alabama, Georgia, Mississipi, Kentucky, Texas, Kalifornie, Florida en Noord Carolina. O ja – ek het tien teen een ‘n ton Power familie in Missouri ook, maar ek het hulle nog nie raakgeloop nie.

Die rede waarom ek alles nou hier tik is omdat ek gevra is om weekliks hier Basiese Geneologie wenke vir

hierdie blog te doen en ek is heel tevrede om almal tegemoet te kom. Daarom praat ek soms oor hoe ‘n horlosie saamgestel is, in plaas daarvan om te vra hoe laat dit is. Indien ek soms veroorsaak dat julle meer vrae as antwoorde het, laat net kommentaar en ek sal dit wel opklaar.

Hierdie week se wenk: Leer om geneologie in jou pjamas te doen. Gebruik dienste van jou plaaslike biblioteek, webwerfe soos Kindo en dan natuurlik jou rekenaar by die huis! Gebruik, by voorbeeld, die Britse museum se biblioteek wat die wereld se grootste versameling navorsingsmateriaal in ‘n yslike verskydenheid materie het. Insluitend genealogie!

Tot volgende week

Libbi

Is jy in gereelde kontak met jou Ma?

18 April 2008

As ‘n mens, in 14 verskillende tale vir families hulle familiebome gebou het, begin ‘n mens sien hoe baie dinge vir soveel mense dwarsoor die wereld presies dieselfde is. Sterk famlie bande, die manier hoe ons almal op ons belangrike feesdae bymekaar kom, hoe kos ‘n belangrike rol in almal se lewens speel ens…………….. Tog is daar klein, eieaardige dingetjies wat tog van nasie tot nasie verskil. Kyk, byvoorbeeld, na die blogpos van verlede Desember toe Kindo gebruikers van dwarsoor die wereld stories bygedra het oor hoe hulle families oor die vakansie dae hulle eie feesdae gevier het.

Toe ons vroeer ons Familie stembusse hier vrygestel het, was dit omdat ons nuuskierig was om te sien of daar enige ander verskille of ooreenkomste tussen lande was. Die eerste een was om te sien hoe die geografiese uitleg van ons families lyk. Nou het ons ‘n nuwe een wat gaan oor ‘n baie belangrike persoon – ons ma’s!

Hoe dikwels bel JY jou ma? Miskien bel sy jou. Soms miskien ook ‘n bietjie te veel. Klik op die stembussie hier op die regterkant en jy sal deel vorm van ‘n nuwe, unieke internationale stembus.

Die resultate van die stembus sal binnekort opgelaai word.

Nooi jou familie uit met die nuwe kontakinvoerder

2 April 2008

Die kontakinvoerder op Kindo is nou gereed en ten volle getoets en dis soveel makliker om jou familie uit te nooi om deel te word van jou familieboom! Jy trek net eenvoudig hulle vonkpos adresse van jou eie adresboek in, ongeag die diens wat hulle gebruik.

Ons sagtewareontwikkelaars het iets nuuts hier tafel toe gebring. Dis ‘n groot verbetering en julle hoef nie meer alles per hand in te tik nie – die Kindo stelsel kan selfs sekere name in jou adresboek met jou familieboomname laat pas.

‘n Baie envoudige proses!

Verbeel jou jy is Jannie en dat jy ‘n klein familieboom van jou onmiddelike familie gebou het – nes hierdie ene. Jy het reeds vir Koos uitgenooi, maar jy is nie lus om die ander se vonkpos adresse weer in te tik nie. Hulle is mos alreeds almal in jou vonkposadresboek ingetik en jy stuur dikwels vir hulle pos – hulle adresse is reeds in jou adresboek.

Stap 1: Kies jou ‘webmail’ diens en tik jou login besonderhede in so:

Gaan na die gee geel ‘invite’ tabel en klik op “import from your favourite webmail service”. Kies dan ‘select which webmail service’ en kyk watter diens jy wil invoer. Ons bied ‘n ellelange lys met dienste aan, soos byvoorbeeld die drie grotes: Gmail, Hotmail en Yahoo, en daarna in alfabetiese volgorde: AOL, Fastmail, Freenet, GMX, ICQmail, Indiatimes, Interia, Libero, LinkedIn, Lycos, .mac, mail.com, mail.ru, mynet, O2, Rambler, Rediffmail, Sapo, T-Online, web.de, WPPL, yahoo.jp and Yandex.

Tik net jou ‘login’ besonderhede in (bv. Webmail) en klik op die klein blokkie, indien jy jou adresboekbesonderhede in Kindo wil hou – sodat dit beskikbaar is sodra jy meer gesinslede op jou familieboom het. Alle data word veilig aangebring en geen besonderhede sal ooit vrysgestel word nie. On sal NOOIT enige besonderhede, insluitende die van jou ‘login’, stoor nie. Met ander woorde, nog jy, nog Koos hoef ooit bekommerd te wees data beskermingsbesonderhede nie. Hiermee ons ‘privacy policy’. Klik net op ‘next’ and…

Stap 2: Kindo sal outomaties jou familievonkposadresse intrek

Niks veel om hier te doen nie. Wag ‘n paar sekondes (net in die geval van ‘n baie groot adresboek) waarna jy na stap 3 geneem sal word. Hier sal jy kan bevestig of enige van name in die adresboek wel die van familie is.

Stap 3: Bevestig die nuwe name en stuur uitnodigings

Kindo sal alle nuwe adresse in rooi merk indien daar geen presiese inligting verskyn nie. Klik dan op “select family member” en Kindo sal die familielid se naam oproep sodat jy enige veranderinge kan aanbring. Doen dan dieselfde met enige iemand wat nie reeds ingevoer is nie en soek die familielede per hand

Julle sal die voorgestelde teks vir die uitnodigings onderkant die namelys kry en dan kan julle enige veranderinge aanbring. Klik op “send invitations”. Sodra julle tevrede is, is dit klaar. Soos in enige nie-outomatiese uitnodigings, behoort julle die groen tabel (mense wat jy nou net uitgenooi het) op ons helderblou ‘our tree’ te kan sien - en die status van al jou genooide gaste sal op die “uitnodigings geskiedenis‘ bladsy te siene wees. Dis nou net onderkant die geel ‘uitnodiging’ tabel. Sodra ‘n famlielid aangesluit het, sal hierdie nuus op die familie nuus ? beskikbaar wees - op die donker-groen our family - tabel

Vertel vir my meer oor Steve.

19 Маart 2008

Ek is besig om Steve Hofmeyr se familieboom te skep, en het gewonder of daar enigeiemand is wat vir my informasie het daaroor.

Ek het gedink dit sal heel interessant wees (veral a.g.v historiese media verklarings oor Steve se optrede oor die saak) om te sien hoe sy familieboom uitdraai.

Indien jy wel iets weet oor sy familie, soos bv wie sy Ma en Pa is stuur vir my ‘n epos op stefano@kindo.com.

Die mees aktiewe Turkse familie op Kindo

16 Маart 2008

Ek het die volgende nogal interessant gevind, dit kom van Mario se engelse artikel, wat ek slegs vertaal het.

Vandag wil ek julle voorstel aan die Turks-sprekende familie met die meeste famlielede op ons webwerf. Die Aksoy famile is natuurlik bly om deel van die Kindo gemeenskap te wees aangesien hulle sodoende die kans het om met die familie in kontak te bly, nie net gedurende Bayrams nie, maar enige tyd wat hulle wil.

Ek stel julle vandag voor aan die Aksoy famlie wat gretig is om deel te wees van die wereldwye Kindo gemeenskap. Sodoende sal hulle die kans he om deel te wees van die hele famlie:

Die hoof van die Aksoy famlie is Hassap Can Aksoy en het die volgende oor Kindo te se gehad:

“Ons het dwarsdeur die familie. Nie net in Turkye waar ons woon nie, maar dwarsdeur die wereld waar ons familie versprei is. Ek is innig dankbaar dat julle hierdie kostelose diens op die Internet aanbied, aangesien ons net die lede van ons familie wat ons kan onthou op ons familieboom kan aanbring! Ons kannie ons voorvaders of enige verdere famlie aanbring nie want daar is soveel documente reeds verloor. Nou het die volgende generasies die kans om hulle voorvaders te kan opspoor en ons bou beslis ‘n basis om ‘n akkurate huidige famlie boom te stig.”

Verder het Mnr Hasip Aksoy ons gevra om sekere veranderings in sy familieboom aan te bring – in die gevalle waar daar nog verdere huwelike plaasgevind het. Hy se:

Kindo is hoogs suksesvol met die oplossing van ‘n algemene probleem asook met die verskaffing van ‘n gratis diens. As God wil, sou ek graag ‘n afskrif van my famlieboom op ‘n CD wou he, tesame met genoemde veranderings

“Ter afsluiting wou ek graag noem dat hierdie foto gedurende die afgelope Ramadan Fees geneem is by tye van ‘n familiebesoek aan my ouers en ‘n besoek aan hulle. Mnr Hasip sit voor en is die man in die swart pak met das en rosette. Sy eie dogter en neefs is voor. Dis ‘n pragtige foto met soveel lede betrokke.”

Ons wens hulle liefde en ‘n selfs groter familie toe en vertrou dat almal lank en gelukkig sal saam woon.


Afrigator