Argiewe vir die ‘Familie’ Kategorie

Hoe internasionaal is jou familie? - Laaste kans om te stem

17 Januarie 2008

Meer as 500 lesers het alreeds gestem! Ons het nooit hierdie terugvoer verwag nie. In geval jy nog nie geantwoord het nie, dit is die laaste kans om jouself uit te druk oor hierdie vrae:

1. Hoe ver is jou familie geografies versprei?
2. Leef jou naaste famililede oorsee of in die buiteland?

Klik net op die onderskeie ‘bubble’ in die regter systaaf en klik dan op “stem”. Die stemme is naamloos! Jou privaatheid is belangrik vir ons by Kindo, net soos jy aan gewoond is!

Nie te lank van nou af nie sal ons die data analiseer en die interesante gedeeltes met julle almal deel.
Ek sien regtig uit daarna.

Twee opwindende nuwe ontwikkelinge

8 Januarie 2008

Bart Zoom

21 Desember 2007 om 16:16

Soos die jaar einde se kant toe staan het die span gedink dit sal ‘n goeie idee wees om julle almal ‘n vroeë Kersgeskenk
te gee. Ek is regtig opgewonde om aan te kondig dat ons nuwe ontwikkelinge het wat dit vir seker lekkerder gaan maak om jou
stamboom te gebruik.

Eerstens, het ons publieke glanspersoonlikhede stambome bekend gestel waarin al julle “genealogy” verslaafdes sal belangstel. Daar is bladsy op die blog waar ek al die bome gelys het:http://kindo.com/blog/celebrity-family-trees/en/

Die volgende verbetering is “zooming”, sodat wanneer jy op ‘n foto op die profiel en jou familie bladsye kliek, jy ‘n groter
foto in ‘n “popup” boksie gaan kry. Gaan kyk self …

Namens die span by Kindo wil ek almal graag ‘n geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwe Jaar toewens. Onthou om vir jou
familie jou stamboom te wys wanneer julle bymekaarkom oor die feesgety en hulle te nooi om ook aan te sluit - hoe meer
familielede aansluit hoe meer pret gaan dit wees!


Afrigator