Kindo Het Nuwe Vriende
7 Februarie 2008Die familie en vriende wat by jou is in die begin van jou lewe het ‘n groot invloed op jou as mens later in die lewe. Dieselfde geld vir ‘n nuwe besigheid, om die regte span te kies van die begin.
Vandag kondig ons aan die kapitaal (sien pdf hier) wat deur top Europese beleggers voorsien word - insluitende Saul en robin Klein (The Accelerator Group), Stefan Glänzer (vorige voorsitter van Last.fm, stigter van Ricardo), en ASI, ,n VC-Firma wat gestig is deur die stigters van Skype - Ons weet ons het goed begin. Nils sê toe hy saam met sommige van hulle by Skype gewerk het, het hy besef hoe goed hulle werklik is.
Kindo het nou al die geleenthede waarvoor jy kan vra om te groei en te beriek wat ons wil bereik - ‘n wêreld-bekende besigheid wat fokus op familie en die familie lewe.
Dit is die moeitewerd om te onthou hoekom dit in opwindende visie is. Toe ons begin het om hierdie besigheid te bou minder as ‘n jaar gelede, het ons dit gedoen om ons te help om kontak te behou met ons familie by die huis. Ons is almal gebruikers van ander sosiale netwerke, soos Facebook om in verbinding te bly met vriende en LinkedIn om boek te hou met ons besigheid kontakte. Dis die familie netwerk wat by jou bly vir die langste, en daar was geen goeie en toegewyde sosiale netwerk vir families en vriende beskikbaar nie (ten minste wat ons kon kry). Daar was tonne webwerwe wat my meer kon leer oor my voorvaders, maar ek wou regtig leer oor die mense wat nog in die rondte is, my lewende familie. Dis toe ons besluit om Kindo te bou, want ons wou dit
gebruik.
Tweedens, omdat ons entrepeneurs is, het ons besef dat daar die geleentheid is om ‘n wêreld bekende besigheid te bou. As jy na die internet wêreld kyk, sal jy besef hoeveel van die groter webwerwe sosiale netwerke is op een of ander manier. Facebook en MySpace kom dadelik op, maar daar is soveel ander plaaslike spelers(skyrock.com, vkontake.ru, netlog.com, ens) wat nie in die nuus genoem word nie met groot aantal lojale gebruikers wat aanhoudend groei. Sosiale netwerke is hier om te bly, vir vriende, jou besigheid verhoudings of net jou familie.
Daar is meer as 1,000,000,000 Internet gebruikers in vandag se Wêreld, almal met ‘n familie of familie geskiedenis om te ondersoek. Dis nie ‘n ‘niche’ produk vir ‘n ‘niche’ skare nie - ons bou ‘n wêreld-wye produk, vir ‘n wêreld-wye skare. En aangesien hiedie skare nie net Engels praat nie, doen ons ook nie. Ons mag dalk ‘n klein kind wees, maar ons praat al klaar 14 tale vlot. Dink net waar sal ons wees wanneer ons ‘n tiener is.


English
Français
Deutsch
Español
Svenska
Italiano
Türkçe
Português
Polski
Русский
Afrikaans
汉字
Dansk