Argiewe vir die ‘Web’ Kategorie

Die "Ek het 'n uitstekende familie" kompetisie!

5 Februarie 2008

Hallo, almal het ‘n uitstekende familie. En ons is almal lief vir ons Ma’s en Pa’s, maar ons statistieke wys dat sommige van julle ongelooflike stambome het op Kindo!

Ons is bly dat julle so baie daarvan hou om Kindo te gebruik net soos ons en ons wil vir julle almal dankie sê daarvoor! Maar dit sal nie net by praat bly nie, ons sal vir julle werklike geskenke ook gee:

Die “Grootste Familie Boom” en die “Grootste Familie Gemeenskap” op Woensdag die 20ste February om 12h00 sal ‘n ‘Spreadshirt-voucher’ van 20 Euro’s kry vir ons Kindo winkel!

So hoekom kry jy nie jouself ‘n “Daddy’s favourite” T-hemp verniet nie soos die een op die prentjie? Laat net jou boom groeie en word Kindo se Familie met die meeste profiele of die hoogste aantal familie lede wat by die boom aangesluit het! En ons sal een wenner per taal hê.

Wys vir almal dat jy die grootste familie het op aarde: Vertel almal en kry die Kindo se “grootste Familie” toekenning!

Kindo - great family award

Internetworld, Techcrunch, Emob, Intruders - Dankie vir julle oorweldende belangstelling!

16 Januarie 2008

Ons is bly dat julle van Kindo hou en oor ons praat. Dit is klaarblyklik dat die Chinese en Arabiese tale julle bly maak. Internetworld, die grootste internet koerant in Swede byvoorbeeld, het vir Martin op hulle voorblad gesit.

internetworld Kindo martin

En dit is ook die kern familie netwerk van Kindo wat julle aandag getrek het en ons span is altyd gretig om met julle daaroor te praat. Simon het ‘n sewe minute video onderhoud met Intruders gehad, dit was die opvolg van die “le web 3″ konferensie in Parys die vorige maand.

Intruders Kindo Simon

En jy kan sien dat Frankryk mal gaan oor Kindo met twee uitstekende artikels op Emob en die Franse weergawe van Techcrunch.

Kindo in Chinees en Arabies geloods!

15 Januarie 2008

Ons is trots om aan te kondig dat Kindo nou bekikbaar is in nog drie tale:

1. Arabies, wat uitstekend lyk met die skrif van regs na links.
2. Eenvoudige Chinees wat uitstekend lyk,
3. en tradisionele Chinees as jy dit sou verkies.

Die Chinese vertaling is vrywillig gedoen deur die IT-span van CJCHT, ‘n verbruikers goedere besigheid met kantore in Hong Kong, China, Taiwan, VSA en Engeland. Hulle het Kindo gesien en so baie daarvan gehou dat hulle ons gehelp het om die Chinese blad aan die gang te kry.

Dit is die volgende stap om ons familie sosiale netwerk in te bring in die wereld se intensiewe internet mark. Kindo is een van die toenemende internet besighede in die begin stadium van die Europese en VSA internet begin besighede wat die groeiende mark gesien het in China en Afrika. Volgens die internet wêreld statistieke het die groei in internet gebruikers van die jaar 2000 met 620% gegroei in China en 490% in die Middel Ooste, in vergelyking met slegs 170% in Europa.

kindo_chinois.jpg

Gareth het gesê: “Die skepping van Chinees en Arabies is ‘n logiese stap in on internasionale startegie. China is ‘n opwindende geleentheid vir ons en ons wil graag nog uitbrei in Asia.

Om die moontlik te maak het ons ontwikkelings span dit moontlik gemaak om tegniese uitdagings te oorkom, soos die skryf van Arabies van regs na links asook die hantering van meer as 50,000 karakters in Chinees.

Weerens baie dankie aan Henry en sy span by CJCHT.

Nuwe verwikkelinge & verbeteringe op Kindo

26 November 2007

Die ‘Kindo’ span kondig met trots ons nuwe verwikkelinge aan wat ons hoop gaan ons gebruikers ‘n beter ervaring bring.

Eerstens het ons 3 nuwe tale bygevoeg, naamlik Russies, Turks en Brasiliaanse Portugees. Dit bring die totaal tot 11.

Our family

Tweedens het ons ‘n nuwe bladsy bygevoeg wat ons “Ons Familie” noem. Hier kan jy die mees onlangse opgradering sien van al jou aktiewe familie lede. Daar is ook ‘n afdeling met familie statistiek wat jou in staat stel om interessante feite te kan sien oor jou stamboom – hoe meer data, hoe beter, so bring jou profiel op datum

Ander verbeteringe sluit in:

  1. Vermoë om jou gebruiksnaam te verander – op die verstellings bladsy
  2. Half –broer/suster ondersteuning in die familie wolk
  3. Optimisasie vir: Profiel & familie bladsy
  4. Herorden van datums op die kalender – die wat geskuif is na die familie bladsy

Die ontwikkeling & vertalings span het uitstekende werk gedoen om hierdie uitgawe uit te kry, so baie geluk aan almal - hou so aan!

“The Hoff” is trots


Afrigator