Wat is Kindo?

Kindo is waar families bymekaar kom, hulle stamboom bou en groei. Met Kindo kan jy jou stamboom verniet bou, dit deel met die res van jou familie en meer oor jou herkoms leer.

Genoeg gepraat, wys my hoe dit werk!


Hoekom Kindo?

Die idee agter Kindo is vroeg in 2007 gebore. Ons het pas terug gekeer na ons die vakansie met ons families spandeer het en bymekaar gekom oor ‘n koppie koffie.

Soos gewoonlik was die hoof-idees oor biljoen-dollar projekte en die nuutste web-tegnologie, maar ons het ook grappies gedeel oor ons dronk familie lede, teleurgestelde broers & susters, en ander wereld wye familie dis-orientasies. Toe begin ons praat oor hoe moeilik dit is om met jou mense in aanraking te bly terwyl jy in Londen is. ‘n Weeklikse oproep is lekker, maar dit gee jou nie regtig ‘n idee van wat in jou familie aangaan nie.

Terselfdertyd is die web besig om te ontplof met nuwe maniere van kommunikeer en om in aanraking te bly. Skype, Facebook en LinkedIn is almal uitstekende maniere wat gebruik word, nie net deur die jonger generasie nie, maar van mense van alle ouderdoms groepe. As my ma Skype kan gebruik (en sy doen - sy lag altyd as ek my web-kamera aansit), dan is ek seker ek kan haar oortuig om iets anders te gebruik wat ons familie help om in aanraking te bly.

Dis waar kindo gebore is. Dis ons wat probeer met ons families by die huis in aanraking bly, om meer uit te vind wat hulle doen. Dit gaan oor die ontwikkeling van ‘n moderne media/web besigheid wat ‘n 100% fokus op die familie en wat families soek. So wat jy nou sien is net ‘n klein treë nader aan die visie. Ons hou daarvan om aan die stamboom van Kindo te dink as ons eie weergawe van Disney se Mickey Mouse - waar dit alles begin.

Mickey Mouse, 1930
mickey_mouse.jpg
Pirates of the Caribbean:
At World’s End, 2007

pirates-of-the-caribbean-at-worlds-end.jpg

Waar is ons?

Kindo werk uit Putney, die tegnologiese voorstad van suid-wes Londen.


View Larger Map


Afrigator